Nêrens teen die Weskus
By die ou hospitaalhuis
nêrens teen die Weskus
waar Pa versigtig die klanke van sy sestig rand radio draai
asof hy besig is met ’n inbraak by ’n kluis
en Ma haar trooskos - ertjiesop met skaapnek - met baie vernuf en liefde maak
net ’n vertrek weg van die badkamerhoekie
waar ek meer as een pak slae met my bolip weg gebewe het ...
my vingerafdruk-nostalgie
hierdie hospitaalhuis
wat fluister en nie so eensaam luister
na die geheime wat ander nie kan hoor
wegsteekplek vir my ou speelgoed, briewe en foto’s
wat ek net in die wêreld sou verloor
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.