Huis, woning, tuiste: Miempie Swart se inskrywings

  • 0

Die vensters van my siel

skyn vanaand ...
die spore van die maan
op my huis wat kaal
in die donker staan

in ’n plekkie wat my waak
teen die goeters
wat in my traan

want hierdie winter klei
die jaar se wingerd binne my 
uit die hoeke wat my snoei
in die winde wat my waai

pleister die krake wat in my bloei
waar distels en dorings groei
in die splinter van die son 
om in my huis te blom

laat my oë in sikkels silwer
weer skitter in stille vrede
in die vensters van my siel

 

Waar kan ek my huisie bou?

ek slaan my oë op na die berge
waar kan ek my huisie bou?
op ’n rots van porselein 
oorgetrek in goud so fyn
op groen smarag onder blou saffier
oor die velde heen

want ’n dwaas woon op sand
pik sy hart swart in klip
in koue harde sement
in die krake van sy oë


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top