Huis, woning, tuiste: Mia Taljard se inskrywing

  • 0

Raai waar is die plek waar ek heel tuis is
Jy moet weet dat dit my huis is
Waar anders sou dit wees
In my ouerhuis groei my gees.

Waar is die plek waar blomme en liefde groei en blom en bloei
Maar onkruid en alle kwaad vir plek moet stoei
In my tuin is is daar kwettervoëltjies wat aldag sing en vreugde bring
Die goggas zoem, die kat baljaar
By my huis kan ek my daarop roem
Die warm welkom is nooit klaar

Vra maar die muis in my huis
In my hart is hy net so tuis soos ek, hierdie is ons plek!

Jou hart is waar jou huis is
En my hart is by my huis!


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top