Andries se boom (Vir my pa Andries)
Andries het ’n boom geplant
so effens aan die pad se kant
deur kindervoetjies uitgeklim
soms blare uit hul plek gerim
dog baie vreugdes laat ontstaan
het mense dag na dag gekom en gaan
soms vroeg tot laat net daar gesit
afgemat en uitgeput
’n huis het dit vir die kom word
wat daar ’n traan of twee wou stort|
’n plek waar almal rus kon vind
’n lafenis teen reën en wind
het woorde teen hom swaar geleen
teen boom en tak met pyn geween
sy krom gekneusde takke onder jou
het soms geknak en ingevou
herinneringe vasgelê
vir jare te onthou was niemand nog soos hierdie boom oor jare heen getrou
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


