Huis, woning, tuiste: Madelein van Wyk se inskrywings

  • 1

My huis, my kruis

Binne die vier mure
Sit ’n kind en tel op haar vingers die ure
Glimlaggend, staar haar gebroke refleksie terug
Alleenheid was nie vir haar deel van die eensame klug

Vertroosting was gevind in die swart rosyntjie-oë
Die geroesemoes van stemme,
Het bo die getimmer van haar hart uitgestyg
Haar huis was haar kruis

Vasgekluister binne haar hart
Buite het die wêreld getart 
Tuimelend oor die afgrond,
verlore tussen die lyne

Die wêreld sien ’n gesin se geluk
Die mure sien ’n kind leë blik
Trane wat die see kan vul
’n Mond, geslote, stil

Haar huis,
My huis,
Elke  huis
Het ’n kruis

 

Huisie by die see

Bou vir my ’n huisie by die see
waar die golwe my voorstoep vee
terwyl die wind saggies sy vingers deur die klokkies gly
Sê my, sal jy saam met met my in my fantasieë-huisie bly

Ek wil teen die bamboesskulpe hang
Die see my lofgesang
Die Here weet van gister se leed
die Here kan my seëninge meet

Dus bou ek vir  my ’n huisie by die see
Waar ek rus vind vir my siel
waar ek wegskram van die wêreld se verniel
’n Huis waar Die Vader vir my krag gee


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top