Is daar iemand tuis
Diep in my liggaam se tuiste
woel my binneste na buite
Wonder of daar iets of iemand is
Wat my wroeginge tog sal mis
Sal iemand ooit verstaan
Dat die vrolike ek van binne vergaan
Die glimlag is breed
Maar myself het ek lankal vergeet
Sal ek ooit wees ...
Of is dit dalk tevergeefs
Wil ek nog na die verlede verlang?
Of moet ek net die huidige verban?
Is ek nog myself?
Of moet ek in my binneste delf
ek luister na my binneste se gesuis,
Wel daar is tog iemand tuis.
Tienergewoed
Die vier mure druk
En my voete het 'n gejeuk
My maats roep
Met die geraas van 'n getoet
My woning laat my kop klop
Want ek is al weer gehok
In die gang hoor ek voetstappe
En ek weet dis nie nou meer grappe
Is die huis die plek waar ek moet wees
Of is die straat die plek waar ek sal genees
Sal die mense ooit verstaan
Hier binne gaan ek vergaan
En tog is daar 'n dak oor my kop
Na ek klaar is met my galop.
Hier word ek gevoed
En vergeet van my tienergewoed.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


