Huis, woning, tuiste: Leana Taylor se inskrywings

  • 0

Pandok

huis paleis pandok plank
vloermatte of te not
jou huis is waar jy geplant
is ketting draad en slot

wat ander dink of fluister
maak geen saak nie
jou huis is jou eie tuiste
niemand anders se saak nie

alles op aarde is net stof
alles bly net so agterna
ons sterf so sê my dan prof
wat jou paleis en my pandok

anders maak jou hart sit
knus tussen jou geldgekoopte
mure net so lekker my besit
van ’n pandokkie met rente

afbetaal elke maand saam
slaap ons rustig saans ons
huise huisves ons aards’ bestaan
maar bly agter in die hiernamaals

 

Plaashuis

jou ligte skyn in ’n welkomsgreep-
omhelsing jy gooi jou wye stoep
om my koel leiklip vir my warm sole
en dié van die slapende honde

die deur van jou hart staan oop
liederik warm soos die oondbrood
en moskonfyt die pad na jou dieptes
geelhoutplankvloere blink ge-polish

statig beskermend jou fortsmure
grasdak nuut gepak op houtbalke
jou kamers laventelrustigheid
foto’s in rame van plaasbesigheid

van ouma en oupa groot en daisy
generaal piet se eerste kapokhaan
kraai en iewers speel daar crazy
oor jou onder die somer-volmaan

braaivleisreuk op stinkhoutstompe
oom zak buurman rook sy stink stompie
maar jy ruik na oregon pine en mister min
tuiskoms vrede vergifnis en volmaan skyn

jy is soos jy altyd was al die jare
generasies die bloed in jou sementsare
waar jy jou mense altyd so liefdevol
deel maak van jou wese soos ’n vel


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top