Huis, woning, tuiste: my huis is jou huis is my huis

  • 0

my huis is jou huis is my huis

ek slaap hier
ek was hier
ek hou hande hier
ek skep die kos hier
ek hou die besem hier
ek lag en huil hier
maar die is nie my huis nie,
die is jou mure
die is jou krag
die is jou water
en die is my mag tussen die vier mure
tussen jou kombuiskaste
tussen jou lakens en opwaslappe
jou seep, jou aartappels, jou viskoppe en lelike maniere
die is jou huis
die is die prys wat ek betaal vir jou huis


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top