Huis, woning, tuiste: Haweloos

  • 0

Haweloos

Taal weet nie
hoe om die gewig van
die haweloses te
artikuleer nie.

Sien, daar sê ek klaar
haweloos
al bedoel ek glad nie
haweloos nie.

Ek bedoel ek het baie huise.

Ek bedoel my ma se rookstem
is my huis. Ek bedoel
Stellenbosch-boekwinkels
is my huis.

Ek sê ek kom huis toe
wanneer ek uit Asië
na Afrika vlieg en ek sê
ek kom huis toe wanneer ek terugkom.

Ek kollekteer huise soos skulpe.

Of bedoel ek nou weer tuistes?
Bedoel ek nou weer die gevoel
van tuis wees?
Dis wat my ma se rookstem is. My tuiste.

Taal is die enigste hoop van die haweloses.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top