Huis, woning, tuiste: Harthuise

  • 0

Harthuise

huise
het soms harte
met aparte kamers
vir elke siel

want
elke siel
is delikaat

met asbesmure
waardeur sondes gaap

huise
het soms harte
met aparte kamers
vir elke siel

want
elke siel
is uiters uniek

my
huis
voel selde
soos ’n tuiste

kluisterkomponente
met klankdigte muur
plaas my telkemale
onder sensuur

insomnia eggo
gekraakte kramp kreune
deur gleuwe
afgeskilferde pleister

wat genadeloos
skree saam ’n geloei
wat sirene
deur die kamers
van my siel


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top