Huis, woning, tuiste: Hart in huis

  • 0

Hart in huis

Die huis
is waar jou hart is

Dis ’n hok van jou liefde
wat jou inperk
met die illusie van veiligheid
vier mure wat jou klank weergalm
want waarvan die hart vol is
loop die mond van oor

Maar vasgevangde denke
trek net in die mure in
soos alle emosies van jou ouerhuis

Harte wat seer het, maak
Monde wat seermaak

Al verf jy jou mure bly daar steeds
’n onderliggende skynsel
en so word jou hart leeg en dus jou huis
In leë vertrekke weergalm jou woorde
nog meer
nog harder

Tot jy vlug
en jou hart agterlaat


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top