Huis, woning, tuiste: My hart in die nes van jou blaaie

  • 0

My hart in die nes van jou blaaie

Harteloos soms
Statistiek jagende altyd
Skokwoord soekende nou
Jou varsgetikte swart moet ek altyd teensinnig herkou

Bomskok soms
My hart binnedring altyd
Vingers op die sleutelbord nou
Verwilderde, vasgevangde makou

Hardhorend anderpad kyk soms
Vind my kykers die weg terug altyd
Moord dood politiek verkragtende nou
Aanwyserpyltjie soek na deel, want die berig wil ek behou

Jou woorde klou aan my lyf soms
Deurdring my vel altyd
Tyd om te ontsnap na my tuiste nou
By die tweede omblaai sal realiteit reeds verflou

My seer Afrikahart vind sy weg na jou soms
Versigtig tussen jou maats uithaal altyd
Strelende oë oor jou buiteblad nou
Blydskapvingers streel jou swart sluk-my-in-woorde gou

Vergeel raak jy met die jare soms
Ek ontsnap die gejaag na wind by jou altyd
Ek verruil sosiale media vir jou nou
Stof ek jou nog ’n keer af met my traanbelaaide mou


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top