Huis, woning, tuiste: h vir huis

  • 0

h vir huis

bou vir jou ’n huis 
nie van klip of gruis 
koop ’n sak vol letters 
per kilogram by checkers

f maak ’n fantastiese fondasie 
bestand teen die tsoenami-inflasie 
m maak manjifieke mure 
lag, sing en huil vir ure 

verf jou huis met woorde
alarm dit met akkoorde
beskerm met wapen en vuis
elke huis het sy x

letters val te pletter 
sinne laat die vuur kletter 
woorde in die braaipan 
paragrawe in die koffiekan 

mamma praat figuurlik 
pappa praat letterlik 
sussie spring op die alfabet 
boetie versamel kommas vir pret

a tot z 
maisonnet
v verhuis 
h vir huis 


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top