Huis, woning, tuiste: My God, my tuiste

  • 6

My God, my tuiste

Ek kruip weg in die donker grot van skaamte,
my jas styf teen my lyf,
’n vuil jas wat skree sondaar!

U kom haal my uit die donker,
ek kruip nader met my hoof gebuig,
skaam en bang om U oë te ontmoet.

Wat sal ek lees?
Teleurstelling?
Seer?
Kwaad?

Maar U stop, en tel my op,
so vuil,
so verpletterd,
so gebroke.

U hou my vas,
U soen my voorkoop,
terwyl U my uit die duister dra.

Soos ’n kind lê ek my kop op U skouer,
ek voel veilig,
      beskermd,
      gelief.

Soos ons my grot van skaamte verlaat,
voel ek U hand onder my ken,
my oë vind uiteindelik U oë
en U son van vergifnis straal warm op my vel.

U plaas my neer op my voete,
verwyder my jas van sonde en gebrokenheid.
Nou staan ek geklee in ’n wit rok
van liefde en verlossing.

U vee my wange skoon van al die trane en pyn,
en vat my hand in U Almagtige hand.
Ons begin stap, weg van my sondes,
weg van my smart.

Ek staar op na U gesig,
U glimlag en ek voel U genade oor my stort.
Nooit weer sal ek vrees.
Nooit weer sal ek skuil.

Want ek besef,
ek is U kind en
U is my God.
My tuiste vind ek alleenlik by U.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 6

Kommentaar

  • Natasha Kleb Alexander

    Ek waardeer regtig. Die gedig lê baie na aan my hart en so dankbaar dat dit hier gelees kan word.

    Natasha Kleb Alexander

  • Such beautiful words Natasha Alexander.
    There is a deepness to your writing that touches the depths of one's soul.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top