My God, my tuiste
Ek kruip weg in die donker grot van skaamte,
my jas styf teen my lyf,
’n vuil jas wat skree sondaar!
U kom haal my uit die donker,
ek kruip nader met my hoof gebuig,
skaam en bang om U oë te ontmoet.
Wat sal ek lees?
Teleurstelling?
Seer?
Kwaad?
Maar U stop, en tel my op,
so vuil,
so verpletterd,
so gebroke.
U hou my vas,
U soen my voorkoop,
terwyl U my uit die duister dra.
Soos ’n kind lê ek my kop op U skouer,
ek voel veilig,
beskermd,
gelief.
Soos ons my grot van skaamte verlaat,
voel ek U hand onder my ken,
my oë vind uiteindelik U oë
en U son van vergifnis straal warm op my vel.
U plaas my neer op my voete,
verwyder my jas van sonde en gebrokenheid.
Nou staan ek geklee in ’n wit rok
van liefde en verlossing.
U vee my wange skoon van al die trane en pyn,
en vat my hand in U Almagtige hand.
Ons begin stap, weg van my sondes,
weg van my smart.
Ek staar op na U gesig,
U glimlag en ek voel U genade oor my stort.
Nooit weer sal ek vrees.
Nooit weer sal ek skuil.
Want ek besef,
ek is U kind en
U is my God.
My tuiste vind ek alleenlik by U.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.



Kommentaar
Baie dankie, ek waardeer.
Baie mooi.
Ek waardeer regtig. Die gedig lê baie na aan my hart en so dankbaar dat dit hier gelees kan word.
Natasha Kleb Alexander
Such beautiful words Natasha Alexander.
There is a deepness to your writing that touches the depths of one's soul.
Dis 'n pragtige gedig! Sowaar! AMEN ...
great poem,
great writer,
write for God and God will reward you,
upcoming author.