Huis, woning, tuiste: Elna Bothma se inskrywings

  • 0

Huis

my huis
dra ek saam met my heen

oor berg en dal

van Oseaan
tot by
uitgestrekte, dorre, vlakte

van vrugbare, vredevolle, valleie
tot by
die Miernes van metaal en beton 

in mekaar is ons verweef
soms moet hy my
en ander kere
ek hom
vergeef

vorentoe beur die lewe
met my

dit is DAN
wanneer ek
hom moet o
                    n
                      t
                        w
                           o
                             r
                               t
                                 e
                                   l

weg van alles
wat hom vrede gee

weg van alles
wat hom lewe gee

word dit
uitgepluis ...

waar ons saam is

is Huis

 

huis van weelde

Jy kan dit nie mis...

die hoë pilare
die pynlik netjiese tuin
die paadjie na die huis se teëls is bruin
die breë voordeur van dik, swaar hout
die vensterrame van glinsterende goud

waar ek kiertsregop sit
op die peperduur leer
is dit vriesend koud

Onaansienlik is

die diamantdraad wat skewerig lê
die halfversorgde tuin
die paadjie na die huis se besmeerde beton is bruin
die standaard voordeur van geriffelde glas
die vensterrame van geroeste wit

waar ek knus, ontspanne sit
op die gelaste lap
is dit veilig en warm

Hierdie mense

Hierdie huis

is werklikwaar

nie arm


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top