Huis, woning, tuiste: Elmarie Waltman se inskrywings

  • 0

“My huis is my woning nie” –
Nog net een huis – eens
Wat ek my eie kon noem
Na vier jaar was dit ook gedoem …
28 adresse in 45 jaar –
Van trek is ek GAAR!


Huis, paleis, pandok …
’n Huis sal doen –  
dis al wat ek wil hê.
’n Huis om my eie te noem –
Ek sal elke dag die vloere soen!
Maar ek het nie ’n miljoen …

Ek wil net nie daarin speel nie!
Ek sal vir ewig en ewig en altyd daarin bly! En –
Elke kamer sal sy eie sprokie hê –
En in die huis gaan niemand vir my voorsê!
Die mure sal ek in al die kleure van die reënboog verf
’n Prinses moet haarself immers bederf!
Hierdie huis sal my paleis wees –
Swerwerskap, sal ek nooit weer hoef te vrees!


Pienk pers blou
Porterville, Potchefstroom en Pietermariztburg
Oral plekke waar ek gebly het,
En gevry het!
Onder ’n sekel maan.
Gelukkige droewe dae
Van begin tot einde
Alles bly altyd dieselfde.


Ek swerf saam met
Tagtig takbokke in ’n woud
Wat wil huis toe gaan
Maar hulle het geen huis
Waar hul hulself neerlê,
Daar is hul huis.
Langs ’n koel waterstroom met lowergroen gras
Of hoog, op ’n bergpiek hoog –
Rotse, berge, riviere –
Jou huis is waar jou hart is.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top