Huis, woning, tuiste: Ek het ’n huisie by die see ...

  • 0

Ek het ’n huisie by die see ...

  • Met apologie aan Laurika Rauch

“’n huis is nie net bakstene en sement nie”,
het my vriendin van 10 jaar gelede
gesê –
sy moes weer
soos die vorige keer:
oppak uittrek toesluit;
wórtels uittrek
drome toesluit
in die tuin en in haar hart

so voel ek soms
oor die dinge in my huis
wat net weer ’n keer
soos elke ander keer
platval opblaas misluk ...

verstrengelde drome
ydele mislukte ideale

my dapper wense
’n versugting
wat gaan sit
teen die stowwerige mure
van my baksteen-en-sement-huis

stof is jy
en tot stof sal jy terugkeer

God weet ek het gedink
dit gaan anders wees ...
kaalvoet op die strand
koffie in die dorp
maar –
die een dag lyk soos die ander
kleurloos, onbemind en ...
ontstellend dieselfde.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top