My tuiste
Êrens tussen die verlange soek ek my tuiste.
Êrens in my drome sien ek my huis.
Êrens in my hart weet ek waar is my woonplek.
Nêrens in die wêreld sal ek ’n tuiste kry soos die een by jou.
My hartshuis
My hart is hier.
In ’n klein plekkie in Potch.
Niks indrukwekkends nie.
Ja, dis hier waar my hart lê:
Op ’n plattelandse stukkie aarde
Net hier kan ek myself wees
Ek is hier tuis
Terug hier by Minjonet: Hier is my huis.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


