Huis, woning, tuiste: Drumpel

  • 0

Drumpel

Blare, altyd neffens die traliehek voor die deur
Knars van sleutels, dan die geur
Sug van verligting

Gooi alles neer, diere, kinders verg aandag
Nat neusies maak alles draaglik

Die bekende geklap klap van blindings as die wind waai
In die na nag kreun en sug dit êrens
Troostend in die wete
Jy is vir my bedoel

Jy staan wag oor my
Sus my sag


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top