Huis, woning, tuiste: Don Beukes se inskrywings

  • 5

My Huis Oorleef in my Hart

In al my jare weg van die skone Kaap
bly my kinderhuis diep binne in my hart –
die Sondag-kookreuke en geurige bedwelmde
walms net voor kerkdiens, met Mamma wat
geduldig braai-aartappels omdraai in die pan
asook hoenderboudjies en vlerkies wat al sissende
gaar word, terwyl ek al sluipende naderkruip
vir my gereelde kosdiefstal net voor kerk as Mamma
haar rug draai en ek heel onskuldig glimlag wanneer
sy my betrap en waarsku, ‘Jy beter klaarmaak vir kerk
anders is daar niks perske en custard vir jou na ete.’

My tong onthou die soete ekstase van melktert
en koeksisters, getooi met sneeuvlokkie-kokosneut
stukkies, afgesluk met soet rooibostee en ’n Tennis-
beskuit of twee – dan ook yskastert in alle kombinasies
wat met rus gelaat moes word.

Ek onthou die familiesaamtrekke – hul uitspattige
en oneindige gelag wat nou nog soos branders klink
as ek aan hulle almal dink – selfs met al hul knorrigheid
en ongeduld, maar hulle is nie meer daar nie, so alhoewel
ek soms verdrink in my smart, oorleef my huis nog steeds
diep binne in my hart ...

 

Homecoming

A return to my mother city
has always been an emotional
affair – whatever my travels
coughed up, I knew I would
still find genuine love there.

My arrival quite an emotional
spiral – looking for familiar
faces in these impersonal spaces.
Strangers looking on and wondering
who we are but I don’t care, as I hug
and squeeze all my loved ones there.

Never ending conversations linger on –
a barrage of questions some finding
no immediate answers but I don’t care
as I know I have genuine unconditional
love here.

A slow motion time warp, the inevitable
rushed vacation hop – festivities non-stop
as family bonding must surely somehow
stop – sudden realisation these are precious
fleeting moments of a temporary
homecoming …

 

Kaapstad Moederstad

My stad hulle stad ons stad –
Kaapstad ons almal se moederstad.

Tafelberg terg en verberg eeue-oue
geheime – Dit waak oor ons almal
se drome.

Die Suidooster veroorsaak paniek
en verwardheid, maar dit blaas
negatiwiteit die land uit.

Die bergies rinkink en stink – Wat
jy ook al van hulle mag dink,
hulle almal het ’n storie en hul eie
vorige glorie.

Historiese stad vergete stories haal
nog nou en dan die voorblad – Ons
moet nooit vergeet wat ons tog maar
almal weet – Hierdie is almal se stad.

Ja dinge het verander, maar gedagtes
brand nog soms seer vas – My wens
is dat al ons spoke vir altyd sal verander
in vergete as – Elke mens en ras bevry
van dit wat eens vrot was – Ons is een
nasie maak nie saak wie luidkeels nog
daarteen stry – Ons moet net probeer
om ons eie siele te bevry van onnodige
skindervuurtonge.

Jou stad my stad hulle stad ons stad –
Kaapstad moederstad.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top