Huis, woning, tuiste: Die lighuis, die man en die mot

  • 1

Die lighuis, die man en die mot

Rys op rots, ferm in die see.
Plegtig, seker, sy skyn doelgerig
en brandstraal haar lewenslig.

Beslis, bewaker van die fondament.
Hy, die stralekrans se stoker,
bestendig waar die storms moker.

Glimmer glans, jy's broos soos kant.
Verguld teen wolkerand,
aangedryf, verslind deur stormwind.

Wat jy speur, soek en vind,
maan se kind,
is geen steen en muur,
maar wat skuil in haar: lig en vuur.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top