Huis, woning, tuiste: die beloofde land

  • 0

die beloofde land

verby die uniegebou in stanza bopape
oktoberpers in die stowwerige reën
hyg oorvol oranje putcobusse dieselasem
oor rooi ligte
verby bloederige plakkate en hoerhuise

’n bedelaar hink honger tussen motors op skuld:
hy sê sy naam is kaleb –
hy’t uittand verdwaal op soek na
die beloofde land


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top