Huis, woning, tuiste: My cottage in die Kaap

  • 5

My cottage in die Kaap

Vir hierdie pelgrim is daar geen rus
soekend na jou in die bos waar jy nou is
swerwend deur die woestyn van beton en glas
smag ek na die enigste huis wat daar ooit vir my was.

Ek verlang na die holtes van jou hand
koud, knus en bo my verstand
en die voue van jou glimlag
wat my gespe soos ’n winter-wolkombers terwyl ek wag
dat jou vingers die sitkamerstel van my siel betas.

Vuisvoos gevlug
onthou ek die lig
wat deur die blou vensters bo jou wange
bars en weer heel  maak die krake in my gange.

Nou kan ek net hoop
die kamers van jou hart bly oop;
ek probeer terugkeer soos die verlore seun
na jou , my huis van vel en been.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 5

Kommentaar

  • Ongelooflike ontbloting van gevoelens en versugting. Atmosfeer is puik deur woordspeling geskep. Indrukwekkende werk.

  • Klink na 'n huis so na my hart. Dit herinner my aan die Tiger-toffies van ouds wat jy met smaak kon kou en so lekker laaank kon uitrek. Kunstige woordspeling.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top