Huis, woning, tuiste: Charlotte Beukes-Muundjua se inskrywing

  • 0

ek smag na ’n huisie
duskant die stad
’n groendak-huisie met bome
bome swanger met sitrus
en kwetterende voëls
’n klein geil huisie
langs rustige waterstrome
’n eenkant kankerboom
in haar grys rok
vingers krampagtig, verstok

’n huisie wat soel staan
met patryspoort-oë wat koekeloer
en laatdagson baldadig innooi
’n skoorsteen en ’n weerhaan
paar hoenders wat argeloos rumoer

ek smag na ’n huisie
iewers elders duskant die stad
waar die trein voordag ure
hortend verbyboemel
verby my huisie met blanke mure
wat my swart hart innig omhels.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top