Huis
Ek wonder of jy nog bestaan
Ek bedoel, ’n fondasie met mure wat staan
Al jare sluit jy jou geheime op
Geheime wat steeds maal in my kop
Ek wou aan baie dinge van jou vashou
Ek vervloek die goed wat so aan my vasklou
Ek wou alles van jou weet
En tog wil ek alles van jou vergeet
Ek wou graag weer voor jou staan
Om finaal te weet dat alles met jou is gedaan
Daar het baie dinge onder jou rooi dak gebeur
Baie dinge wat seermaak, agter jou houtdeur
Nooit wou ek deur jou venster kyk
Altyd wou ek deur iemand anders se venster kyk
Ek wonder as ek binnetoe sou kyk
Sou alles dieselfde lyk
Dalk is jy nou ’n murasie
Maar vir almal van ons is daar grasie
Ek wil vir jou vertel
Met my is alles wel
Ek wil hê jy moet weet
Niks was jou skuld, ek weet
As jy nog bestaan
Mag dit net goed gaan
Jy my grasdakhuisie, ek wil vir altyd bly leef in jou
Ek wil altyd deel wees van jou
Ek sal goeters in jou sit, en jou mooi maak
As jy stukkend en gebreek is, sal ek jou heel maak
Jy my grasdakhuisie by die see
Ek lief om in jou te loop, met elke tree
Met jou vensters altyd oop
Nes ’n liefhê-mens, met sy hart en arms, altyd oop
Met jou mure so wit
Jy is pragtig, binne, buite, jy skitter van die wit
Met jou stoep wat uitkyk oor die see
Hier is genadegawes, wat God alleen ons gee
Met jou mooi houtdeur
My enigste sleutel, is genade, vir hierdie deur
Jy is my hart se plekkie
Hierdie heilige plekkie, is ook my siel se plekkie
Dis net hier, waar ek nog kan glo soos ’n kind
Hier kom al die mooi, so saam met die wind
Ek woon in jou met ’n rede
Hier is altyd oorvloed, van dankbaarheid en vrede
As jy glo, soos ek glo, sal jy hier vind wat jy soek
Hier vind jy rus, liefde, hoop en alles wat jy moet
In my grasdak, oorvloed, genadehuisie, hou ek ’n boek
Maak hom oop, dis net hier, wat jy dalk vir God ontmoet!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


