’n Tuiste het ek gevind
’n Tuiste het ek gevind!
Daar waar die lewe begin.
In ’n babatjie se eerste lag.
In die vonkel van sy oog.
’n Tuiste ek gevind!
In die reuk van Elizabeth se room.
By die gevoel van die lewe wat in jou nestel.
In die gebrabbel en geluidjies.
By troos as sy magie pyn.
’n Tuiste het ek gevind!
By die bad van hierdie sagte lyfie.
Die bottel maak as van hongerpyne hy moeilik raak.
Die tevrede gesuig aan ’n fopspeen.
Die amper onhoorbare gesug as hy insluimer.
’n Tuiste het ek gevind!
By hierdie pragtige engelkind.
Ja, selfs by doek omruil.
En wind uitslaan.
Selfs by teruggee aan sy ma.
’n Tuiste het ek gevind!
Hierdie tuiste is maar net vir nou.
In hierdie kind van ’n ander vrou .
Eendag sal ek my permanente woning kry.
In die eie pragprins van my.
Ja, ’n tuiste het ek gevind!
Hier in hierdie Koningskind.
Hier by sy hele gesin.
Hier sal ’n deel van my hart vir ewig bly.
Eendag sal hy dalk ook ’n tuiste in my huis kry.
Die boekehuis
Teen mure staan ’n duisend rakke.
Van hoek tot kant gepak in militêre styl.
Bosman, Du Plessis, Malherbe, Steyn en Shakespeare
Almal netjies regop in ’n Sondagbaadjie ,
Dekades se kuns is die reuk van hul parfuum.
Saam hulle is ek tuis, elke dag in nuwe wêreldse huis.
’n Ander wêreld elke week.
Die stomme Juliet vir wie die lewe so pyn
En dan weer arme siener wat almal moet help.
Peach brandy laat alles goed afsak
die mense delf maar verder drome,
terwyl Saul met Trista worstel.
Ja, hierdie wonderlike deurmekaar gemaal van woorde
wat vir jou Grieks klink, is my tuiste.
die karaters fiktief of lank oorlede is deel van my huisraad.
Ek sien jy is deurmekaar en heel verwar.
Kom kyk dan maar ’n bietjie hier.
Forbes, Spencer, Rowling en Smith skinder van mense oorkant die see.
Elana sit in ’n lieflike driehoek van gemors.
Terwyl Harry sy verlede probeer oorwin.
Tweed en Grey laat geskied reg aan die vergete spoke
Terwyl Len en Angie stry oor vriende.
Ja, hierdie klomp woorde op papier is my huis.
Die mensestories laat voel my tuis.
Miskien verstaan jy nie
Maar die ding is ’n verbeeldingshuis, kan nie vergaan nie.
Lees sal ek vir altyd lees.
Rusplek in biblioteke vind.
My familie in die karakters
En “watch this space”,
Eendag sal my woorde ook in ’n kind se verbeelding oprys.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


