Cameren se hart is myne
Dis nie ver nie
Dis maklik om daar te kom
Dis gemaak vir ek en jy
Dis rooi; dis mooi
Dis groot
Ek het hom gebou; vir ek en jy
Hy het ’n naam
Dis Cameren se hart
Hy het ’n straatnaam
Dis myne
Dis ’n huis
Dis hier, hier binne in my bors
Kom; ek nooi jou oor
Ek voel stoksielalleen
Dis moeilik om reg te kom alleen in so groot gebou
Veral wanneer dit reën
Kyk die winter is om die draai
Kom dis reeds warm hierbinne
Ek sal jou hand self neem
Ek sal jou die pad lei
Die pad na ons nuwe huis
Ek het hom spesifiek gebou waar niemand ons kan pla nie
Ons huisie is darem gevul met liefde
Hy het geen woede of wraak nie
Nie eers jaloesie nie
LIEFDE is sy tweede naam
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


