Tuiste word gedeel
Die oggend se koue sluip
stadig die komberse in
met een oog gestel
op die ligte skynsel van die
sonnetjie deur die blou van die
kantgordyn.
Tyd vir opstaan in die donker
wees versigtig trap versigtig!
Waar is jou skoentjies pasop die
skerpioentjies!
Warmte van ’n tuiste
Gemaklik op die voorhuis se bank
met ’n vuurtjie wat so lekker brand
die vrolike blommetjies bring
’n sekere kalmte oor jou hart
diep in gedagte staar ek na die
kunswerk op die muur,
die foto’s maak jou sommer lag
oorvloed met kinderlike laggies
wat ’n wonderlike tuiste is hierdie huis.
Al het dit ’n dak wat so elke nou
en dan kraak, dit is ’n plek van gemak,
privaat is die mure, nie baie voete groet
die deure, soos ek sê ’n plek van gemak
waar familie elke dag ’n avontuur maak
Die warmte van ’n familietuiste.
Avontuur
Soos ek ontwaak luister ek na
die dak wat praat
ek staar na die maanlig
soos ek my kop oplig, met
elke stap sing die wind
wat aan die vensters klop
partymaal maak dit my hart galop,
veral ’n harde klop!
sagte vloeiende vloere
neem my voete
tot by die voorportaal waar ek my pantoffels
gaan haal, ek sit en luister
na my olyfboompie
se kortverhaal, die avontuur
wat die huis elke lid aanbied
is ’n lied!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


