Huis, woning, tuiste: Barbara Geldenbuys se inskrywings

  • 0

Die Nag

Die naggeluide.
Raas rustig buite.
Die sterre, planete en maan.
Wentel geduldig in hul baan.

Die nag raak stil.
Emosies word gevul.
Wanneer ek lê.
En my gebed opsê.

Ontspanne strek ek my uit.
En staar deur die ruit.
Dan weet ek, ek is tuis.
Veilig by my huis.

Die nag raak lank.
My hart vol dank.
Ek sluit my oë.
Dis buite my vermoë.

Kanker, ek, my bed.
Niemand kan my red.
Dan weet ek is tuis.
Veilig in my Huis.

 

My Gedagtes

Gedagtes dwaal.
Deur my verhaal.
Lank lank gelede.
Ver van die hede.

Ek glimlag.
My hart word sag.
Die plaas, die hoenders
en ja, die dam vol kinders.

Vandag se mense.
Met hul boepense.
Rekenaars, fone en onfiks.
Eet niks, behalwe kos in ’n kits.

My gedagtes is warm en ryk.
My lewe klaar gestryk.
Ek is oud en stadig.
Maar my hart versadig.

In my gedagtes is ek tuis.
My verhaal is my huis.
Foto’s van die verlede.
Laat my tuis voel in die hede.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top