Huis, woning, tuiste: Anton Döckel se inskrywings

  • 0

B&B

Ek was  verveeld met gedagtereise
in my huis agter my lessenaar
verveeld met my sosiale kontak,
vriende wat my drank afsluk
en loop en niks agterlaat – net vuil asbakke

Ek gaan my huis uithuur soos  ’n  B&B
gaste  kry wat iets sinvols kan bydra.

As ek my kamers uithuur,  
ontbloot ek my binnegoed   
dis in die boekerak en
wat  op die mure hang;
kitsch en kuriositeit
 in die uitstalkas veral,
 smuktwak op die buffet.
Ek moet my gaste tuis laat voel?
wiggel my keuses en besluit:
roep liefs  ’n binneversierder in 
om my dood te verf.

 

My blyplek

’n Stippel op ’n landkaart
wat reusagtig teleskopeer
hoe nader jy gaan
hoe verder wil jy staan

Hier brand my kerspit
agter  die pleisters van ’n skuiling,
my skerm teen die weer se wil.   
in- en uitsette gekoppel aan  ’n rooster
van afvoerpype en kommunikasiekanale
simmetries oor en onder die lappe erf gestik.

Ek leef op een blok van ’n kwilt.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top