Salige stoep
’n Sonsak-see-uitsig
vanaf ons huis se sementvloerstoep;
nog net halfpad afgewerk,
maar al volledig ingeloop deur ons sandsole.
’n Stukkie sorgvrye Sondag
’n stukkie simpatie
’n slukkie soetwyn
En die see se sang
soos skulpe teen my ore
wat ’n kinderlike glimlag
op my gesig laat rus.
As ek sou kon, sonder sorge
oor swaar harte
wat moet steel vir ’n honger siel
wat wag in hulle sinkdak pondokkie,
sou ek soet slaap op ons sementvloerstoep.
Ma se huildronk
’n Huildronk op ma
dis moeilik
geen geoefende woorde.
Om te wys
is om te sê.
Sonder blomme,
sonder handgemaakte kaartjies,
sonder jou.
’n Huildronk Ma
op gevlegte herinneringe,
op samekoms eendag.
Huildronk,
my hart huil-dronk van hartseer
dis moeilik
veral vandag,
jou dag,
moerdersdag
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


