Huis, woning, tuiste: Aarde tuis

  • 0

Aarde tuis

Oos Wes
Tuis bes
SA, Londen, Amerika, Parys
Om en om die wêreld wil ek reis

Lewende spesies om elke hoek en draai
Verskillende kulture, verskillende gedagtes
Van die stad tot langs die kuste
Orals is daar mooi uitsigte …

Oos Wes
Huiskos is bes
Pasta, ciabattas, lekker braai
Die boere moet die waatlemoene saai

Kos is die basiese behoefte van lewe
Word oorgedra van generasie tot generasie
Ma en Pa se huisresepte
Italiaanse pizza-oonde, Kaapse Maleiers se koeksisters

Oos wes
Tuis bes
Om en om die wêreld het ek gebly
Huis, woonstel, hotel
Dis tog die tuiste van ons almal

Maar, aarde tuis wil ek bly
Hemelse pad nog ʼn lang tyd van my


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top