Huis, woning, tuiste: Aande in die Mystic Boer

  • 0

Aande in die Mystic Boer
’n Ode aan grootwordpyne

Vlug per besem van die platteland af,
land tussen Stellenbosch se hekse
wat jou bene breek en jou bloed
in ’n Black Label kookpot tap.
Prut in hul dwelmwalms totdat
jy van vel tot feniksvlerk verbrand
en die heksevergadering
’n zol van jou as rol.
Vat ’n trek
van jou hergeboorte
en rus knus,
tuis
in ’n kultus.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top