Huis op 'n pampoen
Dra my terug, my lief
en bly by my by
Praat in ons ou eie taal
Wanneer laas was jy kaal?
Salf my voorkop
byt my wang
laat my arms by die bed afhang
Dreig die liefde uit my keel
steek dit weg as jy dit steel
Ons slaan ’n tent op my bed op
ons hou die blompatrone dop
as die son deur die lakens skyn
Sê net weer jy’s lief vir my
die siekte gaan my onderkry
maar my liggie sal skyn
skyn, liggie, skyn
Here God, laat my liggie skyn
Ek bou ? huis op ’n pampoen
ek skiet dit plat as jy my soen
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


