Houding
Daar is ’n vrou op my bors wat in haar slaap haar hart op my uitmors
Ek hou haar siel aan ’n tou
om haar in my kamer te hou
Wel, Kathryn, jy hou my vas met jou houding
Klein, fyn sinkertjies
laat my met jou sink
Daar is ’n stroom in die stad waar ons ’n lendelam damwal bou
en as jou lot jou daarheen vat
sal ek jou daar kan hou
Wel, Kathryn, jy hou my vas met jou houding
Klein, fyn sinkertjies
laat my met jou sink

