Hou SêNet soos dit is!

  • 0

“koos sas" verwag dat sy persoonlike voorkeure op almal afgedwing moet word, of maak SêNet dan eerder toe. Hy verskil klaarblyklik van Jan Rap se politiek en wil nou sy mond gesnoer hê.

Johannes Comestor skryf interessant, onderhoudend en baie helder, maar Koos vind dit onsamehangend. Die twee wat wel soms onsamehangend skryf, myns insiens, is Wouter en Hans Richardt, maar ek kan hulle verduur.

En dan die aanhangsels uit sogenaamde "obskure boeke": Duidelik lees “koos sas" nie wyd nie, waarskynlik net liefdesverhale en hygromans, en sukkel hy om die aanhalings te verstaan. Ek stem nogal saam dat Wouter se lang en baie aanhalings effens vervelig is maar, weereens, ek kan dit verduur of ignoreer soos ek wil.

Wie sê die briewe onder aan die lys word nie gelees nie? Miskien is dit net “koos sas" met ’n kort aandagspan wat nie daarby uitkom nie.

Wat daardie mal priester betref: Miskien is sy aanhalings uit ’n obskure boek genaamd die Bybel vervelig, maar mens hoef dit nie te lees nie.

Dat hy dink Williams skryf goed, bewys dat “koos sas" ’n besondere swak oordeel het.

Groete,

Varkspek

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top