Hou my vas
Hou my vas vanaand onder 'n duisend sterre
Hou my vas vanaand onder die sekelmaan
Ek het gesoek van heinde na verre
Ek het tot in die uithoeke gegaan
Sy was nooit anderkant die blou berge
Sy was nooit duskant die maan
Sy was nooit ver oor die blou see, nee
Sy het langs my gestaan
So hou my vas vanaand onder 'n duisend sterre
Hou my vas onder die sekelmaan
Al sou ek lewe en al sou ek sterwe
sal ek jou nooit laat gaan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


