Natuurlik! Die ou dissipels en apostels het daarvoor gesorg: hulle het seker gemaak dat alles wat hulle doen en sê in ooreenstemming is met die ou geskrifte, om daardeur te kenne te gee dat al die voorspellings "waar" geword het. Dis 'n maklike trick om op die mensdom te speel. En baie gelowiges eet dit vir soetkoek op! Julle slaan julle name met 'n plank deur alles in die bybel te glo.
En Paulus ... omdat hy geskryf het homoliefde is onnatuurlik, word dit summier aanvaar, asof hy God self is. Dit was tog maar net sy opinie, of dalk is hy gedryf deur sy volgelinge om dit te sê omdat hulle geskok was deur al die holnaaiery wat hulle gesien het.
My persoonlike opinie van Paulus is dat hy 'n gesoute kulkunstenaar was - vide die slang wat kamma aan sy arm gehang het. (Moet tog nie verstik aan julle braaivleis nie.)
Maar ek bly gelowig en glo aan die een, Almagtige, Onverdeelbare, Liefdevolle God.
Groete,
Heiden

