Hello,
Die "koos sas"-kritiek van onlangs het betrekking waarin daar gepoog is deur hom as maatstaf die spontane ongekunstelde banaliteit van Hans Richard die norm te probeer maak, die enigste manier hoe ’n wit man in Suid-Afrika kan poog om te oorleef en sin te maak van alles hier.
Vergelyk dit met die gedig wat deur Jakkie aangehaal is. Vergelyk dit met die gedig wat deur Jakkie aangehaal is. .
Hoeveel waarde kan gevind word in ’n bespreking oor metaan uitgeskei deur die mens is ope vraag.
Hierdie forum is waardevol, neem byvoorbeeld die geval waarin Comestor gedateer, 18 Februarie 2011, oor Shakespeare and Company skryf.
Indien dit nie daarvoor was nie dan sou hierdie artikel nie my oog gevang het toe dit opgekom in ‘n RSS opgestel deur my waarin dit rapporteer dat George Whitman gesterf het 12 Desember 2011. Hy was 98 jaar oud en was die artikel ‘n geleentheid om die uniekheid van die boekwinkel weereens te bespreek.
George Whitman se dogter is aan die woord.
“My father says it’s a socialist utopia masquerading as a bookshop.”
“Be not inhospitable to strangers, lest they be angels.”
Die volgende besprekings deur Comestor van Knole: hierdie een, en Sissinghurst het betrekking.
‘n Gunsteling film van my is die weergawe van Virginia Woolf se Orlando en tonele is geskiet by Knole en kon daar ‘n (beperkte) gevoel van Knole gekry word deur die film te herbesoek op VHS.
Dit was bogenoemde besprekings wat my laat stilstaan het toe die volgende artikel in die Financial Times van 25 November 2011 gesien is waarin daar uitgebrei word oor hoe duur dit is om so ‘n landgoed in stand te hou. Vir ‘n huis (manor) wat 20000 vierkante voet groot is met 120 akker se gronde is die koste ongeveer 200 000 Pond ‘n jaar, ‘n huishoudster, ‘n kok en twee tuiniers kan kwalik bekostig word.
Groot was die verbasing om skaars ‘n week later nog so ‘n artikel te sien in die Wall Street Journal van 1 Desember 2011 waarin die koste van instandhouding weereens bespreek word en die gevolg wat dit het aangesien dit die eienaars daarvan noodsaak om dit oop te stel en toeriste te onvang.
“Eastnor Castle” wat aan James and Lucy Hervey-Bathurst behoort is so suksesvol dat dit $5 miljoen ‘n jaar inbring en alhoewel genoegsaam vir die lopende koste is dit nie genoeg vir herstelkoste nie.
Almal artikels waarby gestop was a.g.v dit wat hier gelees is.
Net soos die Antonia Fraser van 22 Desember 2011 my laat teruggaan het na ‘n gesprek deur Antonia Fraser wat lank terug al afgelaai was waar sy juis die boek en haar lewe met Harold Pinter bespreek en kan hier gevind word en sal ‘n goeie aanvulling wees.
Selfde het gebeur met die bespreking van renosterstroping wat die leser en luisteraar juis attent maak en jou weer eens laat stop op iets wat jy dalk voorheen sou laat gaan het: Legalising the rhino tusk trade en gevolg het op dit wat wat Ludwig geskryf het.
Verskille oor “Closing of the Western Mind, Closing of the American & Closing of the South African Mind” staan nog.
Ran se verwysing na Brian Cox het byvoorbeeld ook ‘n saad geplant en so ook die bespreking van Alister McGrath onlangs dieselfde gedoen het.
Dit is wat die forum doen en waarvoor daar waardering getoon kan word.
Net soos die volgende van Jaco ’n glimlag gebring het, “Die pragtige jong lywe! Op die strand kry jy meerendeels die pragtige jong Afrikanerlywe …”, in sy vakansiebrief.
Baie dankie,
Wouter

