"Hoogmoedige liefde" deur Morne Niemand

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek staan alleen met alle vrees
Dis donkerstil, sal jy tog wil?
Ek kry so seer, ek's moeg vir die teë
Wat my wil wys dat ek niks kan bereik nie

Jy is beter oor jy net meer kan kry
Wat help dit om nou te stry?
Die rykdom maak jou vrot
Jy bepaal jou lot
Dit maak jou vrot

Refrein:
Ons loop saam deur die goue poorte
Geen resultate op ? sekere soort nie
Jy los jou kluis as ons almal reis
As ons eendag reis na die paradys toe

So staan ek hier, jy maak dit duur
Om hoog te klim saam eng'le te wil sing
Skeinheiligheid het jou siel verkoop
Jy is in nood, ware liefdesnood

My hande bloei en jou trots gloei
Teen alles wat my so negatief laat voel
Dit verg sukses, dis ? lewensles
Wat ek moet leer, jy maak my seer, dit maak my seer

Refrein

Brug:
Liefde kos nie geld nie (Jy kos nie geld nie)
Liefde is nie seer nie (Ek verdien nie seer nie)
Jy verdien nie seer nie, ek verdien nie weer nie
So maak jou lys as ons eendag reis
As ons eendag reis

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top