Hooftrekke
3 uur die oggend (vermoedelik met lyding)
word daar berig van ? bevlekte doodstyding
Van ? seepgladde messteek perfek geland
gehoor later, na bewering, dié was so beplan
Koljander, koljander
grasgroen die bos
Sou ? wandeling haar
? duur les kos
? Koue rilling sny
deur die bos
Sou fluisterstemme
haar net uit wou los
Die stemme, volgens bronne op die dorp
(vermoedelik vol sensasie geprop)
was blykbaar nie ál wat sy gehoor het dié nag
later sou geeneen daaroor waag praat
Koljander, koljander
bleekwit die bos
Sou ? wandeling haar
? lewe kos
? Fluistering trek
so deur die bos
“? Messteek sal jou
van seer verlos’”
Heelwat later, beskryf deur anoniem,
(durf waag vertrou wat sy sou sien)
was die bos-gebeure van tragiese aard
gepleeg, volgens A, bloot uit verraad
Koljander, koljander
pikswart die bos
? Gewonde hart
vir dood gelos
Geen kind sal weer speel
dáár in die bos
waar ? doellose daad
? lewe sou kos
Helaas het die skrywe, die lesers stom
(dat uit ongekende wraak ? dood moes kom)
Miskien later, word die raaisel ontvou
die storie van ? stem aan bloed getrou
Koljander, koljander
bloedrooi die bos
Sou haar offer sy
sy lewe kos
Bloedstrepe die trek
so deur die bos
Maar moord-motief
onopgelos


