Homoseksualiteit en die beskawing

  • 28
Graag deel ek met SêNet-lesers hierdie insiggewende aanhaling uit "Homosexuality and Civilization", deur Louis Crompton, aangaande Plato (429-348 vChr), beroemde filosoof van antieke Griekeland. In sy tagtigste jaar stel hy voor hoe die Griekse gemeenskap ontslae kan raak van 'n lang sterk tradisie van liefde vir en  tussen mans. 
 
"To suppress homosexuality lawmakers must invent ( sic!) a new religious taboo, a taboo that will inspire in the average man a horror akin to the horror he feels toward incest. The act must be labeled (like incest) 'unholy' and 'hatred of God'. Only such an extreme measure will terrify him into chastity and make him willing to support the new legislation."
 
Hierdie advies is baie insiggewend deurdat dit lig werp op die feit dat mans nie 'n "natuurlike" seksuele weersin vir mekaar het nie maar dat dit kunsmatig geskep moet word en 'n naam daarvoor gegee moet word om die vrees van die duiwel in hom te jaag. 
 
Die skrywers en wetgewers van Levitikus het dieselfde doel bereik, en vandag na 2500 jaar  is die nagevolge daarvan nog oral sigbaar veral in die onderontwikkelde lande soos Uganda wat onlangs die doodstraf ingestel het vir seksuele verkeer tussen persone van dieselfde geslag.
 
Hoe presies die doodstraf strook met die Christelike etiek en ethos van naasteliefde, gaan my verstand heel te bowe, want dit is die Christelike Kerk wat deur die eeue heen hierdie barbaarse wetgewing sanksie gegee het.
 
Beste groete,
 
Pieter Redelinghuys
  • 28

Kommentaar

  • Pieter, jy skryf..
    'Hierdie advies is baie insiggewend deurdat dit lig werp op die feit dat mans nie 'n "natuurlike" seksuele weersin vir mekaar het nie maar dat dit kunsmatig geskep moet word.'
    Sluit jy my en dan alle manne hierby in? Sorry ou pêl. Ek hèt 'n natuurlike weersin in sulke dinge, maar loop nie koop daarmee nie. Ek bly net eenvoudig weg en hoekom loop jy en verkoop nie hierdie soort van stellings op jou eie gaynet nie? Sal jou sê hoekom - want jy soek my goedkeurig nê.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, ek het nog altyd gewonder oor die affêre van opdruk, by mense wie nie belangstel in goed nie, bv gemengde huwelike, homoseksuele en geslagtelikheid.
    Hoekom moet ander se privaat persoonlike keuses vir die kollektief van die wyer gemeenskap as aanvaarbaar opgedring word?
    Dis soos bv die voorspoedteoloë wat hul mirakels smous op tv, jy moet spesifiek bid vir jou rooi BMW ..?

  • Hans ..ja,
    Die weersin is nie net, soos ek al gehoor het, 'n Victoriaanse - era kultuur element nie. Hyself erken, deur na 'n vC-se filosoof ( 3 eeue) te verwys, dat weersin daaraan 'n inherente element van die beskawing is. Athene was in die tyd van Plato een van die mees intolerante stede teenoor hierdie dinge. Die opdruk-ding deur hom hier is vir my maar net nog 'n bewys dat hy smag na regverdiging. Terloops dink aan Darwin se evolusieteorie, Pieter se stelling is immers nie daarmee versoenbaar nie.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Raed-na-Gael,

    Jou heftige reaksie oor my stelling dat mans nie n "inherente" of "natuurlike" seksuele afkeur vir mekaar het, maar dat dit kunsmatig geskep moet word vind ek hoogs amusant omdat hierdie stelling afgelei kan word deur wat Plato voorstel en soos uiteengesit in my skrywe. Verder is ek hoegenaamd nie begaan oor jou goedkeuring nie omdat jy voorkom as n honderdprosent suksesvolle voorbeeld van breinspoeling.

    Trouens, wat is jou posisie teenoor die Wet van Moses en Livitikus wat die doodstraf voorstel vir seksuele verkeer tussen mans. Dink jy dat jou Bybel miskien daar n foutjie gemaak het en die oorsaak was vir die teregstelling van duisende mans tot en met die begin van die negentiende eeu?

  • Daar was eendag 'n stryery tussen 'n Griek en Italjaner. Die Griek sê, ons het die Parthenon. Die Italianer sê ons het die Colleseum. Die Griek sê ons het baclaves en olywe. Die Taljaners sê ons het spaghetti en pasta. Die Griek sê ons het skepe. Die Italjaner sê ons het Ferrari's Lambo's en Mazarati's. Die Griek sê ons het seks ontdek. Die Italjaner sê ons het die aan vroumense voorgestel. So ek weet nie van die Grieke nie. Onder verdenking. Die Grieke gee mos sommer oorgegee toe die VSA Irak binnegeval het.

  • Barend van der Merwe

    Ek dink ook homoseksualiteit is normaal, aangesien dit ook onder ander spesies as homo sapien sapien gedokumenteer is.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Barend,

    Dankie vir jou skrywe en jou stawing daarvoor. Dokumentasie van homoseksualiteit onder pikkewyne deur Britse wetenskaplikes is vir dekades onderdruk en het net onlangs die lig gesien.

    Beste groete,

    Pieter.

  • Pieter, so wat daarvan of die pikkewyne, walvisse, rietrotte en of die beeste van Basan sulke neigings gehad het. Die voordeel is dat dit nie in hul mede skepsels se keelgatte afgedruk word nie.

  • Hans Richardt

    Ditto Reusedwerg. Ek voel ook dat die man sy privaat voorkeure vir homself moet hou.
    Vir my is daar darem niks so mooi en lekker, soos vrou met net genoeg vleis op die bene, om 'n stel stywe skokbrekers vir fyndraai se lekker jaag te gee...

  • Pieter Redelinghuys

    Liewe Sê-Netters,

    Hiermee bieg en bid ek om verskoning en vergifnis dat ek so n kontensieuse onderwerp soos Homoseksualiteit en die Beskawing durf aanraak. Ek weet dat julle lesers aan die intellektuele créme de la créme van die Stellenbosch se Afrikanerdom behoort maar eers n bietjie agtergrond.

    Toe pappie en mammie nog leef was die woord "seks" in ons huis n verbode heksewoord en dit was eers toe ek onskuldig en rou op universiteit beland dat ek sulke snaakse woorde soos "toutrek" teëgekom het en later ook "haansuig". Ek was behoorlik so geskok soos mammie daardie dag toe ek in pa se kas gekrap het op soek na 'n skêr en toe afgekom het op pa se franse briewe. Gaats! Wat n bohaai dit veroorsaak het met arme mammie wie n epileptiese aanval gekry het.

    Trouens moet ek nou ten opsigte van my eie verdediging sê dat ek nie juis regverdig op hierdie forum behandel is soos 'n mens sou verwag van die Afrikanerdom se intellektuele room. Daardie oompie, Gal-agter-die-riete van Hermanus Heights bv. sê van my skrywe dat ek dit liewer op my "gaynet" moet verkoop en dat ek smag en kwyl vir sy goedgesindheid en aanvaarding. Verbeel jou! Asof 'n man wie kruip agter n skuilnaam se opinie enigsins ernstig geneem kan word.

    Dan begin die briewe waar ek beskuldig word dat ek my skrywe by julle liewe sensitiewe lesers se kele wil afdruk. En wat dan as ek sou skryf oor rugby skrumme waar die ouens hulle boude hoog in die lug druk, die sport wat in populêriteit godsdiens In Suid-Afrika vêr oorskryf.

    Die enigste positiewe stem in hierdie koor van afkeur kom van die Afrikaner jeug, van daardie pragtige jong man by name Barend van der Merwe. As die sukses en voortgang van die Afrikanerdom aan hom toevertrou sou word sal die Volk in die toekoms floreer nes in die geval van die Israeliete van ouds.

    Laastens, liewe lesers, wanneer ek ooit weer julle forum benader sal ek dood versigtig wees oor die keuse van my onderwerp sodat ek nie ultra-sensitiewe persone sal aanstoot gee nie. Nou wonder ek net wat se soort kritiek Ansie Krogh vir haar P...en P... skrywes uitgelok het.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Hi Pieter. Die lewe is maar moeilik. "You get born wet and cold and it gets worse" Vind berusting in jou besluit. Die lewe is keuses. Elke keuse wat jy ooit sal maak het gevolge. Vind vrede in jouself, leef jou droom. Jy hoef regtig nie jouself, jou lewensstyl, jou seksuele voorkeure en wat ook al te regverdig nie. Niemand het die reg om jou te oordeel of te veroordeel of te vervloek nie. Sterkte vir jou.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, niemand het die reg om andersdenkendes te probeer oortuig nie. Is seks nie vir privaatheid nie?
    Ek kry die indruk dat hy nou is soos die NMS oor ou landsvlag wat selfs haatspraak is as jy dit in die slaapkamer oor jou kop sou trek en jou voorkeur dan doen "vir volk en vaderland"? Dalk vis hy vir haatspraak??

  • Hans, wat my tot stomheid in die land slaan is die woede waarmee die mense rondloop. Dit is asof die mense altyd vir mekaar de moer in is oor iets. Die binnelanders vir die buitelanders en anders om. Die mans vir die vrouens en andersom. Die mense is selfs de moer in oor mekaar se seksualiteit. Dan is daar wat nie seksualiteit het nie of nie wil klassifiseer word nie. Kan nog nie agterkom waaroor hulle kwaad is nie. My kop is so plat soos 'n weeshuisbrood. Kan nie die woede verstaan nie.

  • Pieter,
    Vir oulaas - Jou laaste sin in die eerste para hierbo (02/09), dis die rede vir jou brief - ek dink eerder dis ek wat ge-amuseer moet wees. Maar waarom sleep jy die Skrif by? ek het nie, terloops die N/T spreek ook jou onderwerp aan. Maar, ek het so 'n bietjie troos vir jou. Nie een van ons opregte gelowiges hier op aarde het die reg om te bepaal wie in die hemel mag of gaan kom nie. Dis nie ons hemel nie, dis Syne. Hy het die laaste sê en Hy stel sy 'voorwaarde' tot toegang baie pertinent. Jou repliek en (biegery) spreek van wanhoop, wat waaruit spruit - skuldgevoel dalk? Jou brief hierbo gaan ook oor "natuurlikheid". Niks in die natuur, verskoon my woord keuse - is skeef nie. Ek gaan vir jou iets uit natuur Sênet toe stuur (kan dit om een of ander tegniese rede nie hier 'insert' nie) Kyk mooi daarna.

  • Pieter Redelinghuys

    Raed-na-Gael,
    Vir oulaas- Die primêre doel vir my skrywe oor n sensitiewe onderwerp is om reaksies uit te lok, en die hele oefening en proses moet gesien word as n soort Rorschach toets wat psigoanalitici gebruik vir die interpretasie van persoonlikheid en emosionele funksionering. Google gerus vir die volle mening van hierdie toets.
    Verder is ek teleurgesteld om te sien dat niemand my "bieg en "bid" stukkie herken het vir die grap wat dit bedoel was, en dit ernstig opgevat het.
    Laastens, dankie vir almal wie kommentaar gelewer het in n interessante eksperiment aangaande huidige persepsies oor homoseksualiteit.

  • Om 'n mens te beroep op die seksuele gedrag van ander spesies op hierdie planeet om eie seksualiteit goed te praat is niks anders asom te daal tot die vlak van die spesies waarmee vergelykings getref word.

    Diere reageer volgens instink en nie volgens rede en verstand nie.Die Sjimpansee deel volgens navorsing tot 97% van die mens se DNS.Tog het dit die nare gewoonte om sy vleislus te bevredig deur jag op ander ape te maak.
    'n Gedrag wat nie aan te beveel is nie omdat dit teen alle menslike gedrag indruis.
    Volgens alle beskikbare statistieke is ongeveer tussen 3 en 5 % van die wêreldbevolking homoseksueel.Dit beteken dus dat tussen 97% en 95% dit nie is nie.Ek dink dit is omdat dit as ‘n onnatuurlike natuurlike daad beskou word omdat die anus ‘n organ is waardeur menslike afval uitgeskei word.Anale seks word dan ook gelys as een van die risiko faktore wat kan ly tot anale kanker.
    Met vandag se gevorderde mediese wetenskap kan dit behandel word wat nie die geval was in Bybelse tye nie. Dit is dus geen wonder dat dit streng afgekeur is want eintlik is jy besig met ‘n daad wat nie net onnatuurlik is maar ook ernstige gevolge kan hê ongeag die voorsorg maatreëls wat getref word.
    Oor die gevare en oorsake van anale kanker word meer uitgebrei op https://www.fascrs.org/patients/disease-condition/anal-cancer

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, jy slaan die spyker op die kop. Die mense het woede oor goed wat geen mens verstaan nie.
    Hul eis respek en erkenning, maar op blatant vermetelde manier.
    Kyk, elke ou het reg tot sy eie opinie, maar dit is net sy opinie. Aandagsoekery is deesdae deel van die "kwaad"!
    In die dae toe man nog man was, patriag en leier, was deur veel minder opinies. Met wetgewing wat geslagsrolle en geslagtelikheid verander het, dink hul, hul het ook die reg gekry om hulself ongevraagd ook op te dring, waar hul glo hul is geregtig op aandag.
    Tog word geslagtelike mense nie in militêre konfrontasie aktief gebruik nie? Is dit nou wettige manier om doodslag vry te spring? Mans wat vroue word, word deur ander vroue uitgedruk of is dit net 'n "fetishism", persoonlike obsessie?
    Ek weet daar is vroue met manlike hormone, wat selfs baard het, maar om die uitsondering nou die reël dmv wetgewing af te dwing is verregaande.
    Hierdie is my beskeie opinie.

  • Jacobus Swart

    Beste Pieter
    Jou brief met belangstelling gelees. Dankie vir "haansuig",wat n pragtige woord!

  • Pieter, jy het nou effe stil geraak na FC Boot se reaksie. As 'n verskynsel statisties gesproke by verre in die minderheid voorkom, is dit 'natuurlik' in jou opinie? Nee kom nou man, die breë skool van logika en rasionaliteit sal mos altyd seëvier. In jou wêreld probeer jy homoseksuele gedrag rasionaliseer en as normaal voorhou. Die feit is egter dis statisties gesproke nie die reël nie, maar die uitsondering. As ek so om my kyk, sien ek homoseksuele in die minderheid in gemeenskappe. Dis egter 'n feit dat dit bestaan, so ek laat die water maar oor die akker loop. Maar soos andere opgemerk het, ons wat in die meerderheid is, raak al effens keelvol vir die alewige LBGT gesanik oor regte. Heteroseksuele mense word glad al voorgesê deur die howe in Suid Afrika watter dele van sekere gelowe aanvaarbaar is in Suid-Afrikaanse wetgewing. M.a.w. d.m.v. wette en die interpretasie daarvan, word persoonlike lewensfilosofieë en gelowe van regsprekende beamptes in mense se kele afgedruk, netsoos wat die lawaai rondom die gay diskoers altyd hoorbaar is.

  • ons voortbestaan is verseker
    as Moeder Natuur die septer swaai
    waar teenoorgestelde pole saamsmelt
    en ware liefde die norm voer
    om gedragsgrense te skep
    waar vrede
    voorspoed
    en ons voortbestaan floreer

    maar waak
    teen eenderse pole wat wegstoot
    hul rug op natuurwette draai
    en saamtrek
    om met blinde hormone op hol
    die norm te versuur
    verwarring te saai
    want hul kopkompas
    het na die verkeerde pool geswaai

    die tempo
    waarteen Moeder Natuur verkrag word
    het soos aardverwarming
    dringend aandag nodig
    om ons voortbestaan te verseker
    moenie soos 'n parasiet
    die versekering van my alleen verwag
    sodat jy
    altyd rûe sal hê om op te ry

    hou by die sagte rondings van 'n vrou
    soos deur Moeder Natuur verlang
    en bring jou kant
    soos 'n man
    sonder om my spesie
    of die van 'n vrou
    verder te verraai

  • Hans Richardt

    Pieter Loots, daar is darem geen verhouding sonder eie probleme nie.
    Ek dink tog dat 'n vrou met goeie lyf, darem meer aantreklik is, as spiertier man.
    Soos die manne altyd sê, as die spore so lyk, verbeel jou die stasie..

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Jacobus,

    Ek waardeer jou positiewe respons tot my skrywe en veral vir jou intelligente sin van humor. Jammer dat daar so min daarvan bespeurbaar is by die Afrikaner intelektuele créme de la créme.

  • Gaywees is natuurlik en kom onder soveel mense voor. Nou al hoe meer. Lesbiese liefde. Gayliefde. Dit word steeds onderdruk en bespot en vandaar Pieter se skrywe. Die LGBTQIA-plus spektrum van mense sal aanhou skryf en praat en ek vir een is altyd dankbaar vir dapper aktiviste. Anale seks kom ook by straight mense voor en veroorsaak nie anale kanker nie. Cheers op diversiteit! Interessant en deel van menswees en menslikheid. Party gay mense is nog gelowig. Om een of ander rede. Meeste is nie. (God)dank daarvoor.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Gustaf,

    Wat jy sê klink so redelik en logies maar wanneer dit kom by geloof, godsdiens, die kerk, en teoloë is niks redelik of logies nie: Realiteit deur 'n lens onsigbaar en duister.

  • Omtrent soos die "intellektueel" wat die meningstuk geskryf het. Skoenmaker, hou jou by jou lees, sê hierdie intellektueel ...

  • Astra
    Die American Society of Colon and Rectal surgeons (ASCRS) lys die volgende
    risiko faktore vir die spesifieke kanker.

    "RISK FACTORS

    A risk factor increases your chance of getting a disease. The most common risk factor for anal cancer is being infected with the human papilloma virus (HPV). HPV is a sexually transmitted virus that may also cause warts in and around the anus or genitals in both men and women, but anal cancer can occur without the presence of warts. Other risk factors include:

    Age (55 and older)
    Anal sex
    Sexually transmitted diseases
    Multiple sex partners
    Smoking
    History of HPV-related cancers, especially cervical
    Weakened immune system due to HIV, chemotherapy, or having an organ transplant
    Chronic inflamed areas that cause long-term redness or irritation, such as anal fistulas or open wounds in the anal area
    Prior pelvic radiation therapy for rectal, prostate, bladder, or cervical cancer."

    Beweer jy dat die mense verkeerd is as hul anale seks as 'n risikofaktor lys en op gebaseer watter navorsing maak jy die gevolgtrekking?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top