
Foto: Canva.com
Homophobic
innie rooi skaduwee van my pa
moes ek sit en luiste
oor hoe verbitterd die bybel oor gay mense is
ek het ongemaklik gelag
om die heavy atmosphere
wat oor ons skouers geloer het
weg te skrik
but hy het my ’n vuil kyk gegie
en vêder brood gebriek
oor moffies wat die dood vedien
sy speech het geëindig met iets innie lyn van:
“daa issie sukke mense in ons family nie, en jy gan oekie die eeste een wiesie”

