"Hoeveel" deur Quintin Smit

  • 0

Hoeveel

Hoeveel sal dit verg om normaal te wees
Hoeveel sal dit vat om elke dag ’n stukkie te lees
Al wat ek wil hê is stilte en ’n “party” of twee
Almal smag na ’n vakansie by die see
Maar alles wat saak maak in die lewe is vergete
Ek mis my sielsgewete.

Hoeveel meer kan ons verdra
Vir hoeveel meer moet ons nog siele verkoop
Ons is moeg en gatvol gekla
Ons sal onsself nie meer laat sloop

Hoeveel moet ons betaal
Vir ons land en ons taal
Niemand is meer bereid
Om op te staan en te pleit
Dat ons, in ons, om ons, alles stadig vergaan
Hoe kan ons as ’n nasie dan saam staan?

Hoeveel meer kan ons verdra
Vir hoeveel meer moet ons nog siele verkoop
Ons is moeg en gatvol gekla
Ons moet onsself nie meer laat sloop

Ek staan hier binnekant my deur
En dink by myself
Alles wat het en nou gebeur
Hoe gaan ons onsself daaruit delf
Met alles wat daar is
’n Nasie in oneindigende twis.

Hoeveel keer moet ons nou nog ons vingers verbrand
Elkeen, alleen, eensaam en koud in eie stand.
HOEVEEL!?!?!?!?


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top