Hoekom?

  • 1

Sit nou net op my nugter maag en stik aan my suiwer koffietjie. Die rede - hulle wys op my nuuskanaal hoe ingenome een of ander jafel  van die wynbedryf is oor die droogte daar in die weste. Glo nou 'n tekort van 200,000 ton druif wat veroorsaak dat hulle noodgedwonge is om die prys van goeie wyn met ten minste 20% op te stoot.

Baie onlangs het hulle gebewe en gesweet en met hande in die hare gesit oor die enorme surplus. Die surplus waarmee ek en ander hul gehelp het om weg te werk en hul sodoende aan die gang te hou.

Is daar dan nou geen dankbaarheid om te toon nie - nie eens 'n tydperk van grasie nie.

Versigtig julle jafels, julle gaan weer met 'n nog groter surplus sit. Julle sal ons ouens wat eerder 'n glasie lig eerder as om 'n pil te sluk as teenvoeter vir cholesterol en verhoogde bloedsuiker, dwing om maar liewer die pilletjies te vat.

Nugtermaag-groetnis.

Raed-na-Gael

 

  • 1

Kommentaar

  • Raed-na-Gael

    Stem saam met jou sentimente, maar my standaarde is nie so hoog nie. Wyn teen enige prys bly 'n bargain.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top