"Hoekom?" deur Wynand de Kock

  • 0

Hoekom?

’n Gegewende vraag
Dis onnodig om te dink
As jy jouself wil vind
Moet jy eers verdwaal,
Die pyn wat ek dra is poedel nakend kaal.

Waarom maak dit seer?
Elke asem bevat meer teer,
Dis onverstaanbaar gesond
My dowe kanker lont.

Die gevoel snel deur my
Vir ’n paar oomblikke word ek verlore. Nog steeds is onopgespoor.
My toekoms word versmoor.
Ek haat myself,
Maar haat is ’n dwaas se keuse
Dis onmenslik om te weet
Wat gaan gebeur al sal jy vergeet
Jy bly met massas leed.

Waarom maak dit seer?
Elke asem bevat meer teer,
Dis onverstaanbaar gesond
My dowe kanker lont.

Elke huis het sy kruis
Al is dit gebroke
Sal ek steeds daarna verwys
Dis buite beheer
Kan ek dit hanteer?
Die sleutel om jouself te vind,
Dis iewers aan haar hart vasgebind.
Om dit te kry
Neem tyd
Dis tog al wat ek het.

Waarom maak dit seer?
Elke asem bevat meer teer,
Dis onverstaanbaar gesond
My dowe kanker lont.

Ek weet ek gaan sterf,
Moet my nie herinner nie
Jy sal dit bederf.
’n Besmettende pyn
Van ’n grys feëverhaal
Die waarheid bly kaal.
Kies jy dalk om dit te beklee,
Hoekom sal jy dit weggee?

Waarom maak dit seer?
Elke asem bevat meer teer,
Dis onverstaanbaar gesond
My dowe kanker lont.

Hoekom?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top