Hoe lyk jou stad-kompetisie: Sabie

  • 0

Sabie is geen stad
Maar ’n dorpie waar natuurskoon aan jou hart kom vat
Waar dennebome deel word van jou daaglikse drome
En waterstrome onder mis
Vir jou ’n tuiste en rusplek is.

Waar bosbok en duikertjies leef
Waar arende en tortelduiwe op die vleuels van die wind sweef
Waar Sint Josef-lelies spierwit blom
En die ratels om die byekaste drom.

As die son agter die berg gaan lê
en die mis jou nag kom sê
as vuurvliegies en sterre die nag verlig
kry jy die gevoel dat jy tuis is.

As die sproei van die waterval jou streel
en die forel in die strome speel
as jy die loeries hoor
Weet jy, jy het jou hart verloor …

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top