Hoe lyk jou stad-kompetisie: Onsigbare stad – Fedora

  • 0

na ’n beskrywing van Marco Polo aan Kublai Khan in Italo Calvino se Invisible Cities (1974)

In die sentrum van die klipgrys metropolis
staan die stadsmuseum
– ’n metaalgebou –
en in elke kamer ’n fortuinbal.

Iedereen op besoek sien daarin
die stad van sy of haar begeerte,
verbeel in die weerkaatsing
van die Medusa-poel
waters in die kanaal
(sou dit nie opgedroë het nie)
die uitsig van die hoë dak
langsaan die laning vir olifante
(nou uit die stad verban),
die jolyt van afgly met die spiraalpaal
’n draaiende minaret
(maar nooit ’n voetstuk kon vind om op te gaan na bo nie).

Op dié manier bedink die mens ’n plan
om sy ideale stad te bou,
maar insgelyks is Fedora nie dieselfde as tevore nie,
en die toekoms net ’n speelding in ’n wolk.

Op die kaart van u koninkryk, grote keiser Khan
moet plek vir beide wees:
die klipgrys metropolis én dies in die kristalbal,
want nie een is werklik nie, albei net veronderstel.

   
Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top