Hoe lyk jou stad-kompetisie: ongetiteld (Mooirivier)

  • 1

Ma, ek dink vanaand aan hoe die Mooirivier ruik wanneer
’n somersreëntjie uitgesak het, en aan spaghetti en maalvleis
op ’n leë maag. Aan basterhonde in die stowwerige jaart,
en ’n rooi proesende Anglia wat straat-op beur. Aan ’n huis
waar elke kamer sy eie kleur gedoop is en selfs die kaggel
een week swart roggel en die volgende week pers spoeg.
Waar die toiletseat waggel en skree soos ’n ou, vet dame en
die deure gil in hulle skarniere, die lendelam meubels wankel
op onvaste bene, die badwater roggel en louwarm skater.
En aan jou bulderende lag, Ma, in daardie lang donker gange

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top