op die aylesbury estate was daar ’n lift wat soos ’n hees hoer
geskree het en daar is charity shops soos sere in walworth road
£3 bra's imagine ek deur ouer dames met hangtiete gedra en
eendag is ’n man geskiet op die trappe maar ek was so koel ek was so
koel soos ’n komkommer. deesdae strut ons mak merries gestewel
in soho rond tussen hoere en kak musicals en kla oor die fokken
toeriste en fight vir die pavement asof dit aan ons behoort wanneer
het ek borste gespruit en bene in swart stockings ’n kont soos ’n hart
klop ’n kont soos ’n hartklop en oor die maan begin skryf asof dit ’n
disease is hoe lank fight ek al vir die pavement asof hoe lank fight ek
al vir die pavement asof dit aan my behoort